Die vraag na duursame speelgoed vir kinders wat rof speel in die Suidwes-Vrystaat, het mettertyd gegroei en die onderneming het tot ’n volwaardige onderneming ontwikkel.

Die speelgoed word met die hand gemaak om oor geslagte heen in die taai Afrika-toestande gebruik te word.

Prettige draadkarre vir die kleinspan
Prettige draadkarre vir die kleinspan
Prettige draadkarre vir die kleinspan
Prettige draadkarre vir die kleinspan
Prettige draadkarre vir die kleinspan
Prettige draadkarre vir die kleinspan

Die fabriek is later na Bloemfontein verskuif. In 2012 is ’n nuwe maatskappy gestig – Africars for Keeps. Mettertyd het die reeks uitgebrei.

Daar is draadkarre, staal- en-draadkarre en staalspeelgoed – alles van bakkies en trekkers tot wipvragwaens, woonwaens, sleepwaens, laaibakke, padskrapers en vragmotors. 

PRYS: Wissel na gelang van die soort speelding. NAVRAE: Web: www.africars.co.za; 081 733 6629; 051 004 0188.