Inskrywings vir dié gewilde werklikheidsreeks, wat vanjaar die 12de jaar op die kassie te sien is, het reeds suksesvol Kupido gespeel vir paartjies soos die afgelope reeks se Réan en Rox-Zee. Dit kan dieselfde vir jou doen.

Boere en plaasbestuurders, manlik of vroulik, ongetroud en ouer as 21 jaar, word genooi om hul kans op liefde te waag en in te skryf vir vanjaar se reeks. Dit sal weer deur die Afrikaanse sangeres Leah aangebied word.

Inskrywings sluit op Vrydag 22 Maart om middernag. As jy die toptien boere gehaal het, sal jy teen 19 April in kennis gestel word. Die profiele van die tien boere sal op kykNET se sosiale mediaplatforms bekend gemaak word, waarna belangstellendes hul liefdesbriewe aan die boere kan stuur.

Besoek www.kyknet.tv of http://bit.ly/boer2019 om aanlyn in te skryf of ’n inskryfvorm af te laai. Jy kan ook inskryf deur Marche Media te kontak by 079 335 5137, of ’n e-pos te stuur na boer@marche.media.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.