Dust Gear spesialiseer in die vervaardiging van insekwerende en antibakteriële kledingstukke wat onder meer ook help om siektes, soos malaria, bosluiskoors en ander insekgedraagde siektes, die hoof te bied.

Die materiaal waaruit die kledingstukke vervaardig word, word met ’n insekwerende middel, Vital Protection, behandel en onafhanklik getoets om te verseker elke kledingstuk voldoen aan HHL Vital Protection se standaarde. Die klere is reukloos en veilig vir die hele gesin.

Die behandeling op die klere bly vir tot 70 wasse doeltreffend, wat die normale lewensduur van ’n kledingstuk is, volgens die internasionale Fabricare-instituut. Dust Gear is ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat slegs mate- riaal, kleuringsaanlegte, fabrieke en naaldwerkers van Suid-Afrika gebruik en só die plaaslike tekstielbedryf ondersteun.

PRYS: Hemde vir mans en vroue is beskikbaar teen R700 elk. Pryse vir kleuter- en babadrag is op aanvraag beskikbaar

NAVRAE: Me. Anja Swanepoel, e-pos: anja@dustgear.co.za; sel 082 873 7488.