Kom proe die Boland se bestes, geniet straatkos en luister na plaaslike musikante.

Proe, proe

Oos-Kapenaars kan eersdaags aan meer as 200 spogwyne — van vonkelwyn tot robuuste rooies — tydens die Oos-Kaapse wynskou by die Tsitsikamma-konferensiekamer by The Boardwalk in Port Elizabeth teug. Wees ook op die uitkyk vir handgemaakte fudge en broslekkers of ’n biltonghappie — die ideale wynpasmaat.

Piekniek-musiek

Spoegwolf gaan jou voete laat jeuk tydens Overhex Winery & Bistro se jaarlikse somerpiekniek. Dié groep het onlangs met die Mensa-wynreeks kragte saamgesnoer vir ’n augmented reality-ervaring soos min. Jou kaartjie sluit ’n heerlike piekniekmandjie in.

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.