Tussen 15 en 20 is die welaangename tyd vir die jong meisie om te begin met die kweek van goeie gewoontes wat dwarsdeur die leeftyd goeie vrugte sal afwerp. Nou is dit die tyd dat die fondament gelê word vir die ryke opbloei van skoonheid en grasie.

Gedurende dié tyd moet laat ure, opgewondenheid, te veel drank of ooreet alles vermy word, want hulle is nadelig vir die gesondheid sowel as vir die skoonheid. Slaap soveel uur as moontlik, op ’n plat kussing en met ’n wyd oop venster.

Vermy uitspattige haarstyle. Die page-boy of curly-bob is meer smaakvol. Borsel en kam hare na alle kante toe uit, en gebruik ’n sysakdoek om die hare te vryf tot daar ’n blink glans kom.

Goeie gewoontes is makliker om te kweek voor ’n meisie twintig jaar oud is — en natuurlik slegtes ook.

Neem die uitdrukking in u oë as voorbeeld. Dit is soms stuurs, of die mondhoeke word afgetrek. Vermy al dié gewoontes — hulle maak u onaantreklik. Probeer om so belangstellend as moontlik te lyk. Al lag jy soms ’n bietjie senuweeagtig, is dit beter as om suur te lyk.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.