Mnr. Conrad Fick, bemarkingsbestuurder by Tru-Cape, sê die appel- en peerkarakters is ’n groot treffer wanneer hulle by openbare geleenthede ’n verskyning maak.

“Die aanklank wat die publiek vind by Danny Smith, Perry Packham, Fiona Forelle en ander karakters is nou bevestig. Daarom het ons die karakters in speelgoed omskep wat verkoop kan word. Tru-Cape wil só toekomstige verbruikers oor die verskillende vrugtekultivars inlig deur middel van byvoorbeeld Topsy Red en Dino Delicious, wat Top Red en Golden Delicious uitbeeld.”

Die sagte speelgoedkarakters is aanlyn beskikbaar, asook by Tru-Cape se persele in Somerset-Wes in die Wes-Kaap en City Deep in Johannesburg.

PRYS: R85 (posgeld uitgesluit).

NAVRAE: E-pos: info@tru-cape.co.za; webwerf: www.tru-cape.co.za; tel. 021 850 1800

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.