• 1,2 kg aartappels, geskil en fyn gerasper
  • 1 klein ui, fyn gerasper
  • 2 ekstragroot eiers
  • 60-125 ml koekmeel
  • 5 ml sout
  • Swartpeper na smaak
  • Olie, vir braai

Druk die gerasperde aartappel in sarsies styf tussen jou hande om van alle oortollige vog ontslae te raak.

Sit die aartappel nou in ’n mengbak en voeg die gerasperde ui, eiers, koekmeel en sout by. Geur na smaak met swartpeper en meng goed. Voeg ’n bietjie ekstra meel by as die mengsel nie bind nie.

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan tot baie warm en skep eetlepels vol van die beslag in die olie. Druk die aartappelbeslag effens platter met die lepel en braai tot goudbruin en bros. Draai om en braai ook aan die ander kant tot goudbruin en bros.

Skep uit die pan, dreineer op kombuispapier en sit voor met ’n sous van suurroom, vars suurlemoensap en fyngekapte grasuie.

Lewer 9 pannekoeke

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.