Frikkadelle

1 dik sny brood, tot krummels verwerk

500 g gemaalde beesvleis

500 g gemaalde varkvleis

1 ui, gerasper

10 ml fyn komyn

10 ml fyn koljander

5 ml sout

5 ml varsgemaalde swartpeper

15 ml vars, gekapte pietersielie

Rys-en-tamatiesous

375 ml witrys

45 ml olyfolie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

30 ml tamatiepasta

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

375 ml water

Sout, varsgemaalde swartpeper en suiker na smaak

1 rolletjie (100 g) bokmelkkaas, in 12 wieletjies gesny

Vars pietersielie, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak goed met olyfolie. Meng al die bestanddele vir die frikkadelle, bedek en verkoel terwyl jy die res van die gereg berei. Skep die rys in die gesmeerde oondbak en versprei egalig.

Om die tamatiesous te maak, verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die uie en knoffel daarin tot die uie sag is. Voeg die tamatiepasta by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die gekapte tamaties en water by. Verhit tot kookpunt en prut vir 10-12 minute. Geur na smaak met sout, peper en suiker.

Skep die helfte van die tamatiesmoor oor die rys in die oondbak. Haal die frikkadelmengsel uit die yskas en vorm 12 ewe groot frikkadelle. Pak dit bo-op die rys-en-tamatiesmoor en skep die res van die tamatiesmoor oor die frikkadelle. Bedek met tinfoelie en bak vir 40 minute.

Haal die tinfoelie af en sit ’n stukkie bokmelkkaas op elke frikkadel. Bak verder tot die kaas gesmelt, die sous dik en borrelend en die rys sag en gaar is. Strooi vars pietersielie oor en sit die frikkadelgereg warm voor.

Lewer 6 groot porsies