1 x 100 g-pakkie gemaalde amandels

375 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

3 ml sout

125 g botter

375 ml suiker

2 ekstragroot eiers

125 ml volroommelk

2 groot suurlemoene

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n kleinerige, gesmeerde broodpan goed uit met bakpapier. Smeer weer. Meng die droë bestanddele saam en maak ’n holte in die middel. In ’n aparte bak, verroom die botter en 250 ml van die suiker goed. Klits die eiers een vir een by en voeg die melk, en die sap en fyngerasperde skil van een van die suurlemoene, by. Meng goed.

Skep in die pan en bak vir een uur. Verhit die res van die suiker en die fyngerasperde skil en sap van die orige suurlemoen stadig saam tot die suiker gesmelt is (moenie dit laat kook nie). Skep die stroop oor die broodjie sodra dit uit die oond kom. Laat staan tot die stroop ingetrek het en laat koel die brood in die pan af.

Keer uit, verwyder die bakpapier en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer 8-10 snye.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.