Ongeveer 5 kg beesstert (in litte gesaag)

5 uie, gekerf

5 wortels, in skyfies gesny

3 lourierblare

3 naeltjies

5 peperkorrels

Sout en varsgemaalde swartpeper (net genoeg om gereg liggies te geur)

Water

Pietersielie

1 pakkie beesstert-soppoeier (opsioneel)

Sit die vleis, uie, wortels, lourierblare, naeltjies, heel peperkorrels en sout en swartpeper na smaak in ’n stoompot. Voeg genoeg water by om die vleis te bedek. Maak die pot toe en stoom vir sowat 2 uur. Maak die pot oop en laat prut stadig tot die vleis baie sag en die sous blink is. Moenie die deksel opsit nie.

Geur na smaak met nog sout en peper indien nodig en roer gekapte, vars pietersielie by. Indien die sous te dun is, meng van die soppoeier met ’n bietjie van die sous en voeg by die beesstertbredie. Prut, terwyl geroer word, tot die sous verdik is. Sit voor op romerige kapokaartappels.

Lewer 6-8 porsies