1 pak (500 g) pasta van jou keuse

Avokadoslaaisous

1 groot of 2 klein, ryp avokado’s

45 ml suurlemoensap

250 ml karringmelk

Hand vol (ongeveer 35 g) vars roketblare

Sout en witpeper na smaak

250 g bladspek

10 ml heuning

1-2 ryp avokado’s, geskil, pit verwyder en in blokkies gesny

Sout, swartpeper en suurlemoensap na smaak

Kook die pasta in ’n kastrol vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm.

Terwyl die pasta kook, skil en ontpit die avokado’s en sit dit in ’n voedselverwerker saam met die res van die bestanddele vir die avokadoslaaisous. Verwerk tot glad en romerig. Voeg ’n bietjie ekstra karringmelk, water of suurlemoensap by as jy die sous verder wil verdun.

Sodra die pasta gaar is, dreineer en gooi dit terug in die kastrol. Skep die avokadoslaaisous oor en meng deur. Laat afkoel. (Ek hou graag ’n bietjie van die sous om dit later, net voor ek die res van die slaaibestanddele byvoeg, deur te roer.)

Pak die bladspek op ’n bakplaat wat met foelie uitgevoer is. Verhit die heuning effens om dit dunner te maak en verf elke stuk spek met ’n dun lagie heuning. Druk die bakplaat met heuningspek onder ’n warm oondroosterelement en rooster tot goudbruin en bros. Laat effens afkoel en skeur of kap grofweg.

Net voor julle wil eet, voeg die spek en blokkies avokado by die pasta en meng liggies. Geur goed met sout, swartpeper en druk ’n wiggie vars suurlemoensap bo-oor uit.

Lewer 6-8 porsies