Kersies se donkersoet geur pas baie lekker by gerookte forel en avokado. Pak al die elemente van die slaai op ’n dienbord en laat gaste hulself help.

Sous

¦ 125 ml suurroom

¦ 125 ml mayonnaise

¦ Sout en witpeper na smaak

¦ 30 ml tamatiesous

¦ Paar druppels brandewyn

¦ Paar druppels Tabasco-sous

Slaai

¦ 3 groot, ryp avokado’s, geskil, ontpit en in wiggies gesny

¦ Vars suurlemoensap om oor te sprinkel

¦ 40 groot steurgarnale, skoongemaak en liggies gestoom tot gaar

¦ 200 g dungesnyde, gerookte forel

¦ 250 ml vars baba-ertjies

¦ 500 ml vars kersies

¦ Jong kruieblaartjies, om af te rond

Meng alles vir die sous saam, bedek en verkoel tot nodig.

Pak die avokadowiggies op ’n dienbord en sprinkel ’n bietjie vars suurlemoensap oor. Rangskik die res van die slaaibestanddele op die bord en bedruip met die sous. Sit die slaai voor met rog- of volgraanbrood. Lewer 6-8 porsies.