Roulade

100 g botter

180 ml koekmeel

500 ml warm melk

4 groot eiers (teen kamertemperatuur), geskei

2 ml sout

30 ml gekapte vars kruie van jou keuse

Vulsel

1 groot, ryp avokado, fyngedruk Sap van halwe suurlemoen Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 125 ml suurroom

Voorverhit die oond tot 160 °C en voer ’n gesmeerde bakplaat van 35 cm x 25 cm uit met bakpapier. Smeer weer baie goed.

Smelt die botter en roer dan die meel by. Verhit tot kookpunt en voeg die melk by. Verhit, terwyl aanhoudend geroer word, tot dik en gaar. Laat effens afkoel. Klits die eiergele en sout by.

Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou dit saam met die fyngekapte kruie by die witsous in. Skep dit in die pan en smeer gelyk. Bak vir 25 minute tot goudbruin en uitgerys.

Keer dit uit op ’n afkoelrak wat met ’n klam vadoek bedek is. Laat effens afkoel en trek dan die waspapier af. Rol die roulade versigtig met die vadoek op en maak dan die vulsel.

Wanneer die roulade behoorlik afgekoel is, rol jy dit versigtig oop en smeer die vulsel op. Rol dit weer toe en sit skywe daarvan voor met slaai en brood.

Lewer 6 porsies