375 ml fyngedrukte avokado (ongeveer 2 groot, ryp avo’s)

45 ml vars suurlemoensap

1 houer (230 g) ongegeurde roomkaas

Sout en witpeper na smaak

5-7 ml gelatien

30 ml koue water

Voer ’n klein gesmeerde terrienvorm met kleefplastiek en smeer weer liggies.

Verwerk die avokado’s, suurlemoensap en roomkaas in ’n voedselverwerker tot glad. Geur met sout en witpeper. Sprinkel die gelatien oor die koue water in ’n klein bakkie en laat staan vir 5 minute. Smelt die mengsel in die mikrogolf of oor ’n bakkie kookwater tot die vloeistof helder is.

Voeg die gelatienmengsel by die avokadomengsel en meng goed deur. Skep in die voorbereide vorm en bedek met kleefplastiek. Verkoel vir minstens 6 uur, of oornag. Keer uit en sit voor. Lewer 8 porsies.