3 groot, ryp avokado’s

Vars suurlemoensap, om oor te sprinkel

40 groot steurgarnale, skoongemaak

100 ml mayonnaise

100 ml suurroom

Sout en witpeper na smaak

30 ml tamatiesous

Paar druppels Tabascosous

1 kleinerige kop kropslaai, fyngesny

Varsgemaalde swartpeper

Sout

Suurlemoen- of lemmetjiewiggies, om voor te sit

Skil en ontpit die avokado’s en sny in blokkies. Sprinkel vars suurlemoensap oor en hou eenkant. Stoom die steurgarnale liggies in ’n bietjie water tot net gaar. Dreineer en laat afkoel.

Dop die steurgarnale af, maar hou die stertjies aan. Meng die mayonnaise, suurroom, sout, witpeper, tamatiesous en Tabasco saam vir die sous.

Om voor te sit: Verdeel die fyn kropslaai tussen individuele borde, bakkies of glase. Skep ’n porsie avokadoblokkies oor en rond af met ’n groot lepel van die sous. Rond elke porsie met vyf steurgarnale af. Drup nog ’n bietjie sous oor.

Maal swartpeper oor, geur liggies met sout, en sit voor met wiggies vars suurlemoen of lemmetjie. Sit dadelik voor.

Lewer 8 porsies