Jy het nodig:

500 ml vars basilieblare

125 ml olie (olyf of kanola)

2 knoffelhuisies, fyngedruk (opsioneel)

60 ml gemengde neute (ons gebruik kasjoeneute, amandels en dennepitte)

5 ml sout

125 ml grof gerasperde parmesaankaas

Blansjeer die basielblare vinnig in kookwater. Verwerk die blare, olie, knoffel en neute vinnig in ’n voedselverwerker tot ’n puree of gebruik ’n stamper en vysel en maal dit met die hand tot ’n puree. Voeg nou die sout en kaas by en verwerk (of maal) verder tot ’n romerige, skepbare sous.

Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas en gebruik binne 4 dae. Of vries porsies pesto en gebruik binne 3 maande. Lewer 190 ml pesto.

Wenke en variasies
Pesto kan van ander kruie (of ’n mengsel van kruie) ook gemaak word. Probeer dit met vars koljanderblare en brandrissie of met roket en babaspinasie vir nuwe, heerlike geure. Jy kan ook pesto met songedroogde tamaties maak.