45 ml olie

1 kg beesstert, in litte gesaag

Sout en varsgemaalde swartpeper

1 groot ui, gekap

4 knoffelhuisies, fyngekap

2 brandrissies, fyngekap

5 ml gerookte paprika

5 stingeluie, fyngekap

15 ml kerriepoeier

4 heel wonderpeperkorrels

45 ml tamatiepasta

Kookwater of vleisaftreksel

500 g groenbone, skoongemaak

Voorverhit die oond tot 160 °C. Verhit die olie in ’n groot oondvaste swaarboomkastrol. Geur die beesstertstukke met sout en peper en braai dit in sarsies in die olie tot bruin.

Skep die bruingebraaide beesstert uit en braai die ui, knoffel, brandrissies, paprika, stingeluie, kerriepoeier, wonderpeperkorrels en tamatiepasta stadig saam oor lae hitte vir minstens 5 minute.

Skep die bruingebraaide beesstert terug in die kastrol by die uiemengsel en roer deur. Bedek met kookwater of vleisaftreksel en verhit tot kookpunt. Bedek en sit die kastrol in die oond. Bak vir ongeveer 3 uur of tot die vleis baie sag is.

As die sous te dun is, sit die kastrol op die stoofplaat en kook dit vinnig af om dit effens in te damp. Voeg die groenbone by, roer deur en prut tot die bone net sag is. Sit voor met rys, krummelpap of stampmielies.

Lewer 6 porsies