1,5 kg beesstert, in litte gesny

Sout en vars gemaalde swartpeper

4 heel kruienaeltjies

4 peperkorrels

2 lourierblare

750 ml goeie beesvleisaftreksel

125 ml blatjang

Appelkooskonfyt

45 ml Worcestersous

125 ml rooiwyn

Sit die stukke beesstert in ’n swaarboompot. Geur met sout en peper en sit die kruienaeltjies, peperkorrels, lourierblare en aftreksel by. Verhit tot kookpunt.

Bedek, verlaag die hitte en stowe die beesstert stadig, oor lae hitte, vir ongeveer 3 uur, tot sag. (Vul die water gereeld aan, want dit kan droog kook en aanbrand.)

Voeg die blatjang, appelkooskonfyt, Worcestersous en rooiwyn by, bedek weer en stowe vir nóg 1 uur oor lae hitte (voeg water by gedurende die tyd as die sous te vinnig afkook), tot die vleis doeksag en die sous geurig is. Lewer 6 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.