125 ml koekmeel
30 ml paprika
1 kg biefstuk, in blokkies gesny
45 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
3 uie, fyn gekap
6 repe spekvleis, gesnipper
60 ml rooiwyn
625 ml kookwater
500 g gemengde sampioene, gesnipper
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
60 ml gekapte, vars pietersielie
125–180 ml suurroom of natuurlike jogurt

Meng die meel en paprika en bestuif die vleis daarmee. Verhit die helfte van die olie in ’n pot en braai die vleis in lotte bruin. Voeg die res van die olie, knoffel, uie en spek by en braai tot bruin. Voeg die rooiwyn en water by en verhit tot kookpunt.

Prut sowat 2 uur lank of tot die vleis baie sag is. Voeg die sampioene, suurlemoenskil en die helfte van die pietersielie by en kook vinnig vir 10 minute. Verwyder van die hitte en roer die res van die pietersielie en suurroom deur. Sit voor op kapokaartappel, rys of polenta of met knoffelbrood.

Lewer 8 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.