¦ 45 ml olie

¦ 2 uie, gekap

¦ 2 knoffelhuisies, gekap

¦ 5 cm vars gemmer, gerasper

¦ 15 ml sterk kerriepoeier

¦ 10 ml borrie

¦ 10 ml gemaalde koljander

¦ 5 ml komynsaad

¦ 2 groen brandrissies, fyn gekap

¦ 1 kg beesvleisblokkies

¦ 1 x 410 g-blik gekapte tamaties

¦ Water

¦ 4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny

¦ Sout en vars gemaalde swartpeper

¦ Vars koljanderblare, gekap

¦ Tamatie, ui en komkommersalsa, om mee voor te sit

Verhit die olie en braai die uie daarin tot sag. Voeg die knoffel, gemmer, kerriepoeier, borrie, koljander, komyn en brandrissies by en braai vir ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die vleis by en braai bruin.

Voeg die tamaties by en maak die leë tamatieblik vol water. Voeg die water ook by. Roer tot dit kookpunt bereik, draai die stoofplaat laag, bedek en prut die kerrie lank en stadig, ongeveer 1½ uur, tot die vleis amper sag is.

Voeg die aartappels by en prut verder vir nog 30 minute. (Voeg nog water by as die kerrie te droog begin lyk. Geur na smaak en roer gekapte, vars koljander deur net voor opdiening. Sit voor met rys en salsa. Lewer 6 porsies.