250 ml koekmeel
10 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
1,2 kg beesvleisskenkels, in skywe gesaag
60 ml olyfolie
250 ml witwyn
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
Water
12 heel knoffelhuisies, geskil
1 liter goeie beesvleisaftreksel (of meer)
Sap van 1 suurlemoen
4 stingeluie, fyn gekap

Meng die meel, sout en peper op ’n bord en rol die vleis daarin. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die vleis bruin aan albei kante. Giet die wyn oor en voeg die tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg dit ook by, saam met die knoffelhuisies. Verhit tot kookpunt en verlaag die hitte.

Bedek en prut stadig oor lae hitte vir ongeveer 2 tot 3 uur tot die vleis baie sag is. Voeg elke nou en dan ’n bietjie beesvleisaftreksel by as die sous min word. Wanneer die vleis sag is, geur na smaak met sout en peper en druk ’n suurlemoen daaroor uit. Sprinkel die stingeluie oor en sit voor met rys, kapokaartappels of koeskoes.

Lewer 6 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.