Braai 1 kg stowebeesvleis en 2 gekapte uie in 30 ml olie tot die uie sag is. Voeg 3 liter water by, verhit tot kookpunt en laat prut vir 1½ uur.

Skep skuim of onsuiwerhede af wat bo-op dryf. Voeg 250 ml pêrelgort by saam met 4 gerasperde wortels, 2 gesnipperde aartappels, 1 blik gekapte tamaties en 3 liter beesvleisaftreksel.

Prut vir nog 1 uur tot die vleis van die bene af val. Skep die vleis uit, verwyder die bene en sit die vleis terug in die sop saam met 10 stukke murgbeen. Geur met sout en peper.

Prut vir nog ’n uur of tot die murg gaar is (voeg water by indien die sop te dik word). Skep die sop op, met ’n groot murgbeen in elkeen se bakkie. Sprinkel gekapte, vars pietersielie oor. Eet warm. Lewer 10 porsies.  

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.