• 1 konfytrol, in skywe gesny
  • 125 ml sjerrie
  • 500 ml dik room
  • 5 ml rum
  • 2 ml amandelgeursel
  • 6 eierwitte
  • 180 ml strooisuiker
  • 100 ml gemmerstukke in stroop met
  • 25 ml van die gemmerstroop
  • 100 ml gekapte groenvyekonserf met
  • 50 ml van die groenvyestroop
  • 100 ml gekapte maraschino-kersies met
  • 50 ml van die kersiestroop
  • 100 g gekapte, gemengde neute

Voer ’n broodpan van 2 liter met kleefplastiek uit. Pak ’n laag rolkoekskywe styf op die boom van die broodpan en besprinkel met die helfte van die sjerrie. Klits die room, rum en amandelgeursel tot styf. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits tot dik en blink. Vou nou die roommengsel hierby in.

Kap die gemmerstukke fyn en meng met die stroop. Voeg by die geklitste mengsel saam met die groenvye en stroop, kersies en stroop en gekapte neute. Meng alles liggies saam en giet in die broodpan. Vries tot halfpad hard, haal uit die vrieskas en pak die orige rolkoekskywe (met die res van die sjerrie besprinkel) bo-op. Draai goed toe met kleefplastiek of foelie en vries tot benodig. Lewer 12-14 porsies.


© MessengerPeople



Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.