Die deeg hoef nie geknie te word of te rys nie en is daarom vinnig en maklik om te maak.

Brood

¦ 1 middelslag-pakkie (500 g) bruismeel

¦ 5 ml sout

¦ 1 blikkie (340 ml) bier

¦ 60 ml olyfolie

Bolaag

¦ 60 g botter, vir braai

¦ 500 g sampioene van jou keuse (verkieslik ’n mengsel van verskillende soorte), grof gesny

¦ Sout, vars gemaalde swartpeper en ekstra olyfolie, om bo-oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 200°C en smeer ’n standaard-bakplaat goed met olie. Meng die bruismeel, sout, bier en olyfolie in ’n root bak tot ’n deeg vorm. Knie liggies tot glad en rol die deeg dunner uit totdat dit ongeveer die grootte van die bakplaat is. Sit die deeg op die bakplaat. (Jy kan die deeg ook sommer met jou hande in die bakplaat platdruk nadat jy dit geknie het.)

Verhit die botter en braai die sampioene vinnig oor hoë hitte in die botter tot amper gaar. Skep die sampioene op die deeg en druk dit effens met jou vingers vas. Geur goed met sout en peper en drup ’n klein bietjie olyfolie, asook van die botterige souse wat in die pan agtergebly het, oor. Bak vir sowat 10 minute, draai die temperatuur af na 170°C en bak verder vir 15–20 minute totdat die brood deurgaar is. Drup nog olyfolie oor en sit louwarm voor as peuselhappie. Lewer 10 porsies.