2 uie, in dun ringe gesny

45 ml botter

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 x 500 g-pak bruismeel

3 ml sout

1 wiel fetakaas, fyn gekrummel

10 ml fyngekapte roosmaryn

1 x 340 ml blikkie bier

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-broodpan met olie. Braai die uie stadig in die botter tot goudbruin en voeg die knoffel by. Braai tot geurig. Laat afkoel. Meng die meel, sout, fetakaas en roosmaryn in ’n bak. Roer die uie en knoffel deur en voeg die bier by.

Roer tot ’n stywe beslag vorm. Skep in die voorbereide pan en bak vir een uur tot goudbruin en deurgaar.  Lewer agt snye. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.