Piet Marais en Frik Oosthuizen, die potjiekoskenners van Via se gewilde program Laat die potte prut, gee die lekkerste resepte vir voorpotte, hoofpotte, bypotte en napotte in ’n splinternuwe kookboek, Laat die potte prut. Hier is ’n voorsmakie daarvan. 

45 ml olie

6 uie, grof gekap

1 houer (250 g) knopiesampioene 

1/2 groen soetrissie, in blokkies gesny 

1 knoffelhuisie, gekap

Sout en peper

1 pak (200 g) spekvleis, in stukkies gesny

1 pak (500 g) skroefnoedels

1 pak (500 g) wilde- of bruinrys 

375 ml witwyn

375-500 ml water

750 g beesbiltongsky?es

250 g cheddarkaas, gerasper

Verhit die olie in ’n groot pot oor matige kole en braai die uie, sampioene, soetrissie en knoffel tot die uie sag is. Geur met sout en peper na smaak. Voeg die spekvleis by en braai vir 2 minute.

Voeg die pasta en rys by en roerbraai om die ryskorrels met die vet te bedek. Voeg die wyn en water by en laat vir 20 minute prut oor matige kole.

Voeg die biltong by en prut vir 5 minute oor stadige kole. Roer die biltong deur die pastamengsel. Strooi die kaas oor en laat 5 minute staan. Sit die potjie dadelik voor. Lewer 6 porsies.