As jy ’n ketelbraai (soos ’n Weber) het, kan jy dié broodjie daarin ook bak. Jy kan natuurlik ’n ander geur soppoeier, soos beesstert-geur of wit-uiesop, gebruik. 

1 x 500 g-pak bruismeel

500 ml karringmelk of suurmelk

1 x 48 g pakkie bruin uiesoppoeier

1 ekstragroot eier

Voorverhit die oond tot 220 °C en smeer ’n middelslag broodpan met olie. Meng ál die bestanddele saam tot ’n deeg vorm. Knie die deeg vir 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot dit nie meer aan jou hande vassit nie. Sit die deeg in die pan en bak vir 30 minute tot deurgaar.

Laat vir 10 minute in die pan afkoel voor jy dit uitkeer. Sit voor met botter en gerasperde kaas. Lewer agt snye. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.