4 x 250 ml bruismeel

5 ml sout

500 ml karringmelk

30 ml heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslagbroodpan met botter. Sif die meel en sout saam. Meng die karringmelk en heuning en roer by die droë bestanddele.

Skep in die pan en bak vir 1 uur tot gaar. Laat 10 minute in die pan afkoel en keer uit op ’n draadrak. Lewer 1 middelslagbrood.