• 1 blik (385 g) kondensmelk
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • 250 ml yskoue room
  • 500 ml vars of bevrore bloubessies

Klits die kondensmelk, klappermelk en room vir ’n paar minute saam. Sit die bessies in ’n voedselverwerker en verpulp tot ’n gladde puree. Voeg die klappermelkmengsel by die verpulpte bessiepuree en pols tot goed gemeng. Giet die mengsel in ’n geskikte bak en vries tot halfbevrore. Klits goed deur, skep weer in die bak, bedek en vries oornag.

As jy ’n roomysmasjien het, verkoel die bessie-en-klappermelkmengsel tot yskoud, giet dit in die roomysmasjien en karring tot gevries. Skep uit in ’n bak, bedek en vries tot benodig. Of skep die halfbevrore mengsel in individuele roomysvormpies, steek ’n roomysstokkie daarin en vries tot hard.

Lewer 1 liter roomys of ongeveer 10 individuele roomyse

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.