2 dik snye bruinbrood, korsies afgesny

125 ml melk

45 ml olie

1 ui, fyngekap

1 groot wortel, fyngerasper

30 ml matige kerriepoeier

1 kg bees- of wildsmaalvleis

10 ml borrie 30 ml appelkooskonfyt 30 ml suurlemoensap Sout en peper na smaak

Bolaag

180 ml melk of room

3 eiers, geklits Lourierblare

Voorverhit die oond tot 180 °C. Week die brood in die melk. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, wortel en die helfte van die kerriepoeier daarin tot die ui sag is. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.

Voeg die ander helfte van die kerriepoeier saam met die borrie, konfyt, suurlemoensap, en sout en peper na smaak by. Verhit tot kookpunt en prut liggies vir 10 minute.

Druk die brood in die weekvloeistof fyn en roer dit by. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak. Klits die melk (of room) en eiers saam, geur na smaak en giet dit oor die vleis. Druk lourierblare in die vleis.

Bak die bobotie vir ongeveer 35 minute tot die bolaag gestol en die vleis deurwarm is.

Lewer 8 porsies