1 ui, gekap
30 ml olyfolie
15 ml sout
30 ml kerriepoeier
20 ml borrie
3 ml elk fyn gemmer, fyn kaneel en fyn komyn
3 lemmetjieblare, baie fyngekap
2 kg maalvleis
60 ml bruinasyn
50 ml elk blatjang en gladde appelkooskonfyt
3 eiers, geklits
Bolaag
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Knippie sout
10 ml suiker
125 g bevrore of yskoue botter
250 ml gerasperde cheddarkaas
3 appels, geskil en in dun skyfies gesny (jy kan ook ’n blikkie tertappels gebruik)
Braai die gekapte ui in die olyfolie. Voeg die sout, al die speserye en fyngekapte lemmetjieblare by en braai dit saam tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai vir ’n paar minute.
Voeg die asyn, blatjang en appelkooskonfyt by. Verhit tot kookpunt en prut saam tot gaar. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Voeg nou die geklitste eiers by en skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Vir die bolaag, sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Voeg die suiker by en rasper die botter grof by die droë bestanddele in.
Vryf die botter met jou vingerpunte by die meelmengsel in tot dit krummelrig lyk (daar kan maar groterige stukkies botter in die mengsel wees).
Voeg die gerasperde kaas by en meng deur. Pak die appelwiggies op die vleis en strooi die bolaag eweredig oor. Bak vir 40 minute tot die bolaag goudbruin is. Sit die bobotie voor met rys en droëvrugte-compote.
Lewer 10 porsies
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier