500 g beesmaalvleis 2 snye witbrood, grofgeskeur 100 ml melk 10 ml kerriepoeier, gerooster 5 ml sout 2 wortels, fyngerasper 1 ui, baie fyn gekap 1 eier, geklits

60 ml blatjang 30 ml bruinasyn

Varsgemaalde swartpeper na smaak

250 ml room

250 ml koekmeel

4-6 lourierblare

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak liggies met olie.

Sit die maalvleis in ’n mengbak. Laat die brood vir ’n paar minute in die melk week en druk dit met ’n vurk fyn. Voeg die geweekte brood by die maalvleis saam met die kerriepoeier, sout, gerasperde wortels, fyn ui, eier, blatjang, asyn en swartpeper. Meng goed.

Giet 125 ml van die room in die oondbak. Vorm die vleismengsel in frikkadelle en rol elke frikkadel in koekmeel. Pak die frikkadelle op die room en giet die res van die room oor. Druk ’n paar lourierblare tussen die frikkadelle in.

Bedek die oondbak met foelie en bak die frikkadelle vir 20 minute. Haal die foelie af en bak vir ’n verdere 15 minute tot die frikkadelle deurgaar en die sous verdik is. Sit die bobotiefrikkadelle voor met rys en tamatieslaai.

Lewer 4-6 porsies