As jy wil, kan jy die worsderm van die gaar wors aftrek voor jy dit by die kerriesous voeg. Die sous trek dan nóg lekkerder deur die worsvleis. 

1 ui, gekap

30 ml olie

2 groen brandrissies, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

7 ml vars gemmer, gerasper

5 ml gemaalde koljander

5 ml komyn

10-15 ml matige kerriepoeier

2 ml borrie

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

250 ml water

60 ml blatjang Sout, varsgemaalde swartpeper en suiker na smaak

500 g boerewors, in hapgrootte stukkies gesny

1 blik (440 g) botterbone, gedreineer en afgespoel

Vars koljanderblare, grofgekap

Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die brandrissies, knoffel, gemmer, koljander, komyn, kerriepoeier en borrie by en braai vir 3-5 minute.

Voeg die tamaties, water en blatjang by en verhit tot kookpunt. Prut vir 25 minute tot die sous afgekook is. Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker.

Voeg die boerewors en botterbone by, verhit weer tot kookpunt en prut stadig vir sowat 15 minute. Roer die gekapte koljanderblare by. Sit voor op pap of gestoomde rys.

Lewer 6 porsies