¦ 1 pak (500 g) droëbone, oornag in koue water geweek

¦ 2 liter kookwater

¦ 1 kg stowebeesvleis met bene, in stukkies gesny

¦ Sout en vars gemaalde swartpeper

¦ 45 ml olie

¦ 2 groot uie, gekap

¦ 10 ml fyngekapte, vars knoffel

¦ 45 ml tamatiepasta

¦ 2 liter beesvleisaftreksel

¦ 125-250 ml suurroom

¦ 60 ml gekapte, vars pietersielie

Dreineer die geweekte bone en sit dit in ’n kastrol saam met die kookwater. Verhit tot kookpunt en laat prut tot die bone sag is.

Geur die beesvleis goed met sout en peper. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis daarin bruin. Voeg die uie by en braai verder tot die uie sag is. Voeg die knoffel en tamatiepasta by en braai vir ongeveer 5 minute tot die tamatiepasta goed gebraai is.

Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir 2 uur, of tot die vleis baie sag is en van die bene af val. Verwyder die bene en sny die vleis kleiner. Voeg die boontjies, in die water waarin dit gekook is, by die vleismengsel. Voeg nog ’n bietjie aftreksel by as die sop te dik is.

Geur na smaak met sout en peper. Kook die sop deur vir ongeveer 30 minute. Roer ’n paar lepels suurroom deur en rond af met gekapte, vars pietersielie. Lewer 8 porsies.