• 125 ml stampmielies, oornag geweek
  • 500 g droë, rooi suikerbone, oornag geweek
  • 500 g skaapskenkels, in stukke gesaag
  • 2 uie, gekap
  • Olie, vir braai
  • 1 wortel, fyn gekap
  • 1 tamatie, geskil en fyn gekap
  • 2,5 liter water
  • Sout, swartpeper en vleisspeserye
  • 80 ml fyngekapte, vars pietersielie

Dreineer die stampmielies en bone en kook elk afsonderlik in skoon, ongesoute water tot sag. Terwyl die mielies en bone kook, braai die skenkels en uie saam bruin in ’n bietjie olie. Voeg die wortel en tamatie by.

Voeg genoeg water by om die vleis te bedek. Geur met sout, peper en vleisspeserye na smaak en verhit tot kookpunt. Prut tot die vleis sag is. Voeg die bone (saam met die water waarin dit gekook is) en pietersielie by die vleis en prut vir nog 30 minute. Voeg nou die saggekookte stampmielies by en prut verder tot ’n perfekte geheel. Geur vir oulaas.

Lewer 8 porsies