4 preie, gewas en in 3 cm-stukke gesny 
4 knoffelhuisies, grof gekap 
15 ml vars gemmer, fyn gekap 
Kookolie, vir braai 
1 kg botterskorsie, in groterige stukke gesny 
1,5 kg beeskortrib, in porsies opgekap 
125 ml brandewyn 
Sout en peper (na smaak) 
4 wonderpeperkorrels 
1 rooi brandrissie, pitjies verwyder en opgekap 
250 ml kookwater 
60 ml koekmengsel 
15 ml lemoenskil, gerasper 

Berei eers jou groente. Braai die preie, knoffel  en gemmer in die kookolie tot dit begin verkleur. Skep uit en hou eenkant. Braai die  botterskorsie tot dit bruin is aan die buitekant, skep uit en hou eenkant. Nou die vleis. Voeg nog kookolie in die potjie indien nodig  en braai die beesvleis daarin tot dit bruin is. 

Voeg die brandewyn by, laat dit warm word en steek dit aan die brand. Geur met die sout en peper, wonderpeperkorrels en rooi  brandrissie. Voeg die kookwater by, sit die  deksel op en laat prut. Voeg nog water by  indien nodig, maar moenie jou vleis laat  swem nie, dan is die tekstuur verkeerd.

Ná  ’n uur kan jy die deksel afhaal. Pak ’n laag van die preie, knoffel en gemmer, en strooi  die koekmengsel en lemoenskil oor. Pak ’n  laag botterskorsie. Sit die deksel op en laat nog ’n uur prut tot die vleis en botterskorsie sag is en die geure goed gemeng het.

Lewer 6 porsies. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.