Wees gewaarsku – hierdie sous is soet, ryk en sondig en as ’n mens eers begin eet het, het jy bomenslike selfdissipline nodig om op te hou.

Bestanddele

125 ml witsuiker

125 ml botter

30 ml gouestroop

30 ml water

250 ml louwarm room

5 ml vanielje-ekstrak

5 ml seesout

Verhit die suiker, botter, stroop en water saam tot die suiker gesmelt is. Roer aanhoudend. Wanneer die suiker opgelos is, verhit tot kookpunt en prut vir ’n paar minute, tot die mengsel ’n karamelkleur begin kry. Voeg die room by en verhit weer tot kookpunt. Prut verder tot verdik en toffiekleurig. Verwyder van die hitte en roer die vanielje-ekstrak en seesout by.

Sit warm voor.

Lewer ongeveer 375 ml sous