Slaai
4 hoenderborsies sonder vel of been
Sout en vars gemaalde swartpeper
8 ml droë brandrissievlokkies
Olyfolie
2 ryp, maar ferm pere, in dun wiggies gesny
4 groot hande vol slaaiblare
100 g groen olywe
300 g halloumi, in skywe gesny
Soet mosterdslaaisous
15 ml heuning
15 ml soet brandrissiesous
30 ml appelasyn
5 ml Dijonmosterd
45 ml olyfolie
Seesout na smaak
Sit die hoenderborsies tussen twee velle kleefplastiek en kap elke borsie effens platter. Geur goed met sout en peper en besprinkel liggies met brandrissievlokkies. Verhit olyfolie in ’n pan en braai die hoenderborsies daarin tot goudbruin en gaar. Laat rus die hoender vir ’n paar minute en sny dit in skyfies.
Sit die hoender en peer op ’n opdienbord bo-op die slaaiblare voor en gooi ’n paar olywe oor. Verhit ’n pan tot baie warm en braai die halloumi vinnig daarin tot bruin aan albei kante. Skep die halloumi op die slaai. Klits alles vir die slaaisous saam en sit dit voor met die slaai.
Lewer 4 porsies.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier