30 ml olyfolie

1 ui, gekap

1 prei, baie goed gewas en fyn gekerf

3 knoffelhuisies, fyn gekap

2 groot aartappels, geskil en in klein blokkies gesny

1 groot kop broccoli, fyn gesny

1,5 liter hoenderaftreksel

250 ml volroommelk

2 wiele fetakaas, grof gekrummel

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Neutmuskaat, om oor te rasper

Croutons en brosgebraaide varkworsies, om mee voor te sit (opsioneel)

Verhit die olie en braai die ui, prei en knoffel stadig oor lae hitte tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die aartappels, broccoli, hoenderaftreksel en melk by en verhit tot kookpunt. Prut vir sowat 45 minute, tot alles baie sag is.

Laat effens afkoel en verpulp die sop. Roer die gekrummelde fetakaas by en geur na smaak met sout en peper. Rasper neutmuskaat oor elke porsie en rond af met croutons en stukkies brosgebraaide varkworsies, indien verkies.

Lewer 6-8 porsies.