1 dagoud-rosynebrood of 4 groot dagoud-croissants

’n Bietjie sagte botter

30 ml - 40 ml koffielikeur

300 ml room

300 ml melk

5 ml vanieljegeursel (opsioneel)

6 ekstragroot eiergele

150 ml strooisuiker

80 ml bruinsuiker

10 ml fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot oondbak met botter of spuit met kossproei. Sny die brood of croissants in growwe stukke en rangskik ? daarvan in die voorbereide oondbak.

Sprinkel die likeur oor die broodstukke en bring die room, melk en vanieljegeursel tot kookpunt. Klits die eiergele en strooisuiker goed en skep ’n bietjie van die verhitte melkmengsel by die eiergele. Klits en giet die eiergele by die melkmengsel. Giet die sous oor die broodstukke in die bak.

Rangskik die res van die brood of croissants bo-op en sprinkel die bruinsuiker en kaneel oor. Bak vir 30-40 minute of tot gaar. Genoeg vir vier tot ses mense.

24 Augustus 2011