75 g botter, by kamertemperatuur
300 ml koekmeel
50 g beleë cheddarkaas, gerasper
2,5 ml mosterdpoeier
Knippie rooipeper
15-30 ml koue water
1 eier, geklits

Rooiuie-marmelade
25 g botter
125 ml suiker
900 g rooiuie, geskil en in dun ringe gesny
100 ml balsemiekasyn
25 ml vars tiemieblaartjies
Sout en varsgemaalde swartpeper

Afronding
100 g bokmelkkaas
Rooipeper
8 takkies vars tiemie

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit agt klein flanpannetjies met kossproei. Vryf die botter liggies met jou vingerpunte in die meel totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die kaas,mosterd en rooipeper by en meng.Voeg die water en eier by en meng tot deeg. Plaas die deeg vir 20 minute in ’n plastieksakkie in die yskas. Rol die deeg so dun as moontlik op 'n meelbestrooide oppervlak uit en druk dit in die pannetjies vas. Prik die basisse met 'n vurk. Bak die tertdoppies vir 15 tot 20 minute, of totdat die deeg gaar is, maar nog nie verbruin het nie.
Rooiuiemarmelade: Smelt die botter en suiker in ’n middelslag-swaarboompan. Roer die uie, balsemiekasyn en tiemieblaartjies by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Prut vir ongeveer 30 minute sonder ’n deksel en roer nou en dan om te verhinder dat dit aanbrand. Prut tot die vloeistof verdamp en die uie gekarameliseer het. Afronding: Verf die tertdoppies met geklitste eier en bak dit weer vir vyf minute teen 180 °C. Skep die uiemengsel in die tertbasisse en krummel ’n skyfie bokmelkkaas bo-oor. Strooi ’n bietjie rooipeper oor en bak dit vir 20 minute. Garneer met vars tiemietakkies. Lewer 8 porsies.