Beslag

¦ 1 pakkie (250 g) ontpitte dadels, fyn gekap

¦ 5 ml koeksoda

¦ 375 ml kookwater

¦ 125 g sagte botter

¦ 250 ml sagte bruinsuiker

¦ 10 ml vanieljegeursel

¦ 2 eiers

¦ 430 ml bruismeel

¦ 7 ml fyn gemmer

Sous

¦ 250 ml sagte bruinsuiker

¦ 250 ml room

¦ 125 ml rooibostee

¦ 60 g botter

¦ 3 ml seesout

Sit die fyngekapte dadels in ’n mengbak en sprinkel die koeksoda oor. Giet die kookwater oor, roer liggies en laat staan vir 20 minute. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter of spuit met kleefwerende kossproei.

Verroom die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot lig en romerig. Voeg die eiers by en klits goed. Sif die bruismeel en gemmer daaroor en meng tot ’n gladde beslag. Skep die beslag in die voorbereide oondbak en bak vir 35-40 minute tot die poeding deurgaar is.

Verhit intussen die bestanddele vir die sous oor lae hitte, terwyl jy roer, tot die suiker opgelos is. Verhit verder tot kookpunt en laat prut vir sowat 2 minute. Prik die poeding oraloor met ’n vurk of sosatiestokkie en giet die kokende sous oor die warm poeding.

Laat staan om in te trek en sit warm voor met vla of roomys. Lewer 8 porsies.