250 ml fyngesnipperde ontpitte dadels

5 ml koeksoda

250 ml appelsap

60 g botter

430 ml bruismeel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslagbroodpan liggies. Voer uit met bakpapier en smeer weer goed. 

Sit die dadels in ’n nie-metaalbak en sprinkel die koeksoda oor. Verhit die appelsap tot kookpunt en giet dit oor die dadels. Roer deur en voeg die botter by. Roer weer, tot die botter gesmelt is, en laat staan vir 10 minute. 

Voeg die dadelmengsel by die bruismeel en roer tot gemeng. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir 45-50 minute, tot deurgaar. Laat vir ’n paar minute in die pan afkoel en sit louwarm voor met botter en heuning. Lewer 6 porsies. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.