• 1 pakkie (250 g) ontpitte dadels, baie fyn gesnipper
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml kookwater
  • 125 ml strooisuiker
  • 30 ml heuning
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1 ekstragroot eier, geklits
  • 375 ml bruismeel
  • 3 ml elk kaneel, gemmer en gemengde speserye
  • 125 ml hawermout
  • 150 ml pitlose rosyntjies (of ’n mengsel van rosyntjies en bosbessies)
  • 60 ml gedroogde vye, gesnipper

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n kleinerige broodpan uit met bakpapier. Smeer goed. Sit die dadels in ’n bak en sprinkel die koeksoda oor. Voeg die kookwater, strooisuiker, heuning en vanieljegeursel by en roer deur. Laat staan vir 5 minute en roer die geklitste eier by.

Meng die bruismeel, speserye, hawermout, rosyntjies en vye saam in ’n mengbak en voeg die dadelmengsel daarby. Meng goed en giet in die broodpan. Bak vir sowat 50 minute of tot die brood deurgaar is. Laat vir 5 minute in die pan afkoel en keer dan uit op ’n draadrak.

Laat afkoel tot louwarm of tot kamertemperatuur. Sny en bedien met botter, of versier met ’n roomkaasversiersel en sit voor soos koek.

Lewer 8 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.