• 250 g botter
  • 250 ml suiker
  • 2 pakkies (250 g elk) ontpitte dadels, baie fyn gekap
  • 2 ekstragroot eiers, geklits
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 7 ml fyngerasperde lemoenskil (opsioneel)
  • Knippie sout
  • 300 g (1 1/2 pakkies) Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
  • Klapper, om oor te sprinkel

Voer ’n pannetjie van 20 x 30 cm met bakpapier uit en smeer goed met botter of spuit met kleef- werende kossproei. Smelt die botter en suiker oor lae hitte tot glad. Voeg die dadels by en verhit stadig tot kookpunt terwyl jy voortdurend roer. Klits die eiers, vanieljegeursel, lemoenskil (indien jy dit gebruik) en sout saam en voeg by die dadelmengsel.

Verhit en roer goed vir ’n paar minute tot die mengsel verdik. Verwyder van die hitte en voeg die gebreekte Marie- beskuitjies by. Meng goed en skep die dadelmengsel in die voorbereide pan. Druk dit goed vas en smeer die bokant gelyk. Sprinkel die klapper bo-oor en druk dit met jou hande vas.

Verkoel vir ongeveer 3-4 uur, of tot stewig. Sny in vingers en bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.

Lewer ongeveer 30 vingers

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.