125 ml sagte botter

150 g donker sjokolade, gekap

3  groot eiers, teen kamertemperatuur

250 ml ligte bruinsuiker

125 ml strooisuiker

5 ml vanieljegeursel

250 ml koekmeel

250 ml gekapte makadamianeute (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n pan van 20 cm met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verhit die botter en sjokolade saam oor lae hitte tot glad. Klits die eiers en suikers goed saam. Voeg die warm sjokolademengsel in ’n dun straaltjie by die eiermengsel terwyl geklits word. Voeg die vanieljegeursel by.

Sif die meel bo-oor en vou in saam met die neute (as jy dit bysit). Giet in die pan en bak vir ongeveer 30 minute tot daar nog klam krummels aan ’n toetspen vassit as jy dit in die middel van die bruintjies steek. Laat in die pan afkoel en sny in blokkies. Bêre in ’n lugdigte houer teen kamertemperatuur. Lewer ongeveer 25 bruintjies.