Vleisbroodjie

  • 125 ml bruinrys
  • 1 ui, gerasper
  • 400 g beesmaalvleis
  • 1 groot wortel, fyn gerasper
  • 30 ml soet rissiesous
  • 2 wiele fetakaas, fyn gekrummel
  • 30 ml tamatiesous
  • 15 ml worcestersous
  • 1 groot eier, geklits
  • 30 ml vars pietersielie, gekap
  • 375 ml tuisgemaakte tamatiesmoor
  • 125 ml gerasperde parmesaankaas

Vars basiliekruid of roketblare, om voor te sit Kook die rys tot gaar en hou eenkant. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n broodpan van 10 cm x 18 cm goed. Voer uit met bakpapier en laat die papier oor die kante van die pan hang. Meng die gaar rys, ui, maalvleis, wortel, soet rissiesous, fetakaas, tamatiesous, worcestersous, eier en kruie baie goed saam.

Skep in die pan en druk goed vas. Bedek met foelie en bak vir 60 minute tot ferm. Laat staan vir 10 minute. Keer die vleisbroodjie uit die pan en skep die tamatiesmoor oor. Besprinkel met parmesaankaas en rond af met basiliekruid of roketblare voor dit gesny word.

Lewer 6-8 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.