• 1 klaargeroosterde hoender, ontbeen en in klein stukkies gesny
  • 4 liter hoenderaftreksel
  • 180 ml rou witrys
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 6 preie, fyngekerf
  • Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • Gekapte, vars pietersielie, om af te rond

Sit die hoendervleis in ’n kastrol en voeg die hoenderaftreksel, rou witrys, knoffel, preie en vars suurlemoensap by. Prut vir 30 minute of tot die rys gaar en die sop verdik is. Geur na smaak met sout, varsgemaalde swartpeper, fyngerasperde suurlemoenskil en gekapte, vars pietersielie.

Lewer 6-8 porsies