Die koek is donker, klam en bittersoet en bly vir ’n week vars as jy dit lugdig bêre.

Beslag
100 g donkersjokolade, gebreek
375 ml sterk, warm koffie
750 ml ligtebruinsuiker
625 ml koekmeel
375 ml kakao
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml sout
3 ekstragroot eiers
180 ml olie
375 ml volroom-karringmelk of dik jogurt
10 ml vanieljegeursel

Versiersel
400 g sjokolade, gekap
250 ml room
60 ml botter
30 ml goue- of esdoringstroop

Voorverhit die oond tot 150 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm. Voer elke pan met bakpapier uit en smeer weer. Meng die sjokolade en warm koffie tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad is. Sit die suiker in ’n bak en sif die res van die droë bestanddele bo-oor. Roer deur en hou eenkant. Klits die eiers in ’n ander mengbak tot goed gemeng en liggeel.

Voeg die olie, karringmelk, vanieljegeursel en die sjokolademengsel by die eiers en klits goed. Verdeel die beslag eweredig tussen die twee panne en bak vir 1 – 1¼ uur tot gaar. Laat die koek vir minstens 20 minute in die panne afkoel. Keer uit en trek die bakpapier af. Maak die versiersel terwyl die koeke afkoel.

Smelt die sjokolade en room saam oor lae hitte tot glad. Roer die botter en stroop by en laat afkoel tot dik genoeg om te smeer. Sny elke koeklaag in twee dunner lae (indien verkies) en versier die koek tussen die lae met versiersel. Stapel die lae opmekaar en versier bo-op met die orige versiersel. Hou in die yskas, maar sit voor teen kamertemperatuur.

Lewer 1 groot koek (ongeveer 16-18 porsies).

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.