500-700 g steurgarnale, skoongemaak (hou 4-6 heel steurgarnale eenkant vir garnering (haal net die grys dermpies uit) sous

125 ml goeie mayonnaise

100 ml Griekse jogurt

30 ml suurlemoensap

Paar druppels Tobasco-sous

60 ml dik, Oosterse slaaisous (Jy kan dit ook self maak met soja, olie, heuning, knoffel en gemmer.) om af te rond

2-3 middelslag-avokado’s, gehalveer en ontpit

200 g soet blaarslaai, in dun repies gesny

Paprika en vars gemaalde swartpeper om af te rond Verhit ’n pot water tot kookpunt. Posjeer die steurgarnale ’n paar sekondes tot die vleis nie meer deursigtig is nie. Skep dadelik uit in yswater en dreineer. Maak die heel steurgarnale op dieselfde manier gaar, tot die dop pienk verkleur. Skep in yswater en dreineer.

Meng al die bestanddele vir die sous saam en skep oor die afgedopte steurgarnale. Meng liggies. Skil die avokado’s en sny in wiggies. Werk op ’n halwe avokado per kop. Sit die avokado op blaarslaairepies. Skep ’n paar lepels steurgarnale in sous bo-op en rond dit af met paprika en swartpeper. Rond elke porsie af met ’n heel steurgarnaal.

Lewer vier tot ses porsies.